Welwillendheidsprojekte

LARRIES Sê NEE VIR BOELIES!

LARRIES Sê NEE VIR BOELIES!

Nasionale Kinderbeskermingsweek se tema hierdie jaar was “Let Us All Protect Children to Move South Africa Forward.”

Laerskool Tzaneen ondersteun hierdie veldtog deur te fokus om ons skool ‘n boelievry zone te maak, waar leerders veilig voel. Gedurende die week van 23 – 27 Julie is verskeie aktiwiteite aangebied om leerders meer bewus te maak van boelies en aan hul strukture daar te stel om die probleem effektief te hanteer. Leerders is onder andere ook bewus gemaak van die gevolge van boeliegedrag.