Koshuis/Hostel

Ons veeldoelige koshuis

Laerskool Tzaneen Primary: Koshuis/Hostel

Laerskool Tzaneen spog met ‘n ruim, goed versorgde koshuis op die skoolterrein. Die koshuis bestaan uit ‘n dogters- en ‘n seunsvleuel en ‘n gesamentlike eetsaal wat ook as ‘n studiesaal aangewend word.

Die seunsvleuel kan 36 seuns huisves en die dogtersvleuel 48 dogters. Die eet/studiesaal kan egter maklik 150 mense akkommodeer. Die koshuis verskaf egter nie net akkommodasie aan leerlinge gedurende die week nie , maar kamers word ook verhuur as oornagfasiliteit en etes kan ook hierby ingesluit word.