Graad 2/Grade 2

Graad 2 Toer

'n Hoogtepunt op die Graad 2 Kalender. 120 Leerders het vanjaar vanaf 18 - 21 Julie weereens 'n heerlike toer onderneem in die Hoedspruit omgewing. Aangesien die Graad 2's as deel van die KAVS dieregewoontes en vervoer doen as temas was die volgende besoekpunte tydens die toer: a) Lugmagbasis Hoedspruit b) Cheetah Projek c) Moholoholo Juniorlife d) Moholoholo Rehabilitasiesentrum e) Kinyonga Reptielpark f) Swadini Forever Resort en Spur. Die toer is ook vir elke leerder die leerskool van talle lewensvaardighede.

Graad 2

Daar is tans vier Gr. 2 Afrikaansmedium klasse wat behartig word deur Me. B. Engelbrecht, Me. C. le Roux Me. M. Engelbrecht en Me. L. de Bruin. Die Engelse klas word behartig deur Me. R. Komana en Me.R.Monareng.

Soos in Gr. 1 verdaag die Gr. 2’s ook om 13h00 en maatjies wat nie om 13h00 deur hul ouers afgehaal word nie, bly dan, onder toesug, in hulle onderskeie klasse totdat die skool verdaag.

.