Naskoolsentrum/After care centre

Naskoolsentrum/After School Care

Ons naskoolsentrum bied ‘n veilige hawe vir ons leerders elke dag. En dit is 'n ideale uitkoms vir ouers wat voldag werk. Leerders geniet ‘n heerlike middagete in die koshuis se eetsaal wat opgevolg word met ‘n studiesessie. Maandag tot Donderdag het leerlinge 'n uur studietyd per dag vanaf 14:15 tot 15:15. Gedurende studie is daar gekwalifiseerde onderwyspersoneel om u kind by te staan. Vrydag is daar geen studie nie. Noukeurige toesig na studie word gehandhaaf waar leerders speel en wag vir hul ouers.