Tennis

Tennis

 

LARRIE IS NO. 1 TENNISSPELER IN LIMPOPO

Megan-Lee Mans, Sumari Vorster en JP Botha het op Saterdag, 12 Mei deelgeneem aan die Limpopo Tennis proewe in Polokwane.

Megan-Lee het al haar wedstryde gewen en is huidiglik die beste o.12 speler in Limpopo.

JP Botha het deelgeneem in die o.10 ouderdomsgroep en is die tweede beste speler in Limpopo.

Sumari Vorster lê vyfde in die o.12 ouderdomsgroep.