Swem/Swimming

Swem/Swimming

SWEMMERS BEGIN 2019 SEISOEN MET “SPLASH”

Vir die Larrie swemmers is die swemseisoen nog volstoom aan die gang. Hulle het baie hard geoefen by hul onderskeie klubs gedurende die Desember vakansie en die eerste gala van die seisoen was op Saterdag, 19 Januarie, by Tzaneen se munisipale swembad. Dit was die vyfde “age group” gala van die seisoen waar swemmers nog die geleentheid gegun word om hul tye te verbeter en probeer kwalifiseer vir die “Level” Kampioenskappe wat om die draai is.