Super 12

2016 UITSLAE

RUGBY – behaal 8e plek uit 12 skole

NETBAL – behaal 9e plek uit 12 skole

GESAMENTLIK – Larries eindig 8e uit 12 skole

KRIEKET – behaal 11e plek uit 20 skole

HOKKIE – seuns behaal 13e plek uit 19 skole

dogters behaal 17e plek uit 23 skole

GESAMENTLIK – Larries behaal 15e plek uit 18 skole

WAAROM SUPER 12? / WHY SUPER 12?

WAAROM SUPER 12?

Dit is vir ons skool ‘n wonderlike geleentheid om ons aan die top skole te meet. Dit gee dus kinders die kans om hulself werklik te vergelyk met die heel beste kinders wat self ook die heel beste afrigters het.So maak ons seker dat ons relevant bly. Dit verseker natuurlik ook dat alle rolspelers hard werk, want as jy nie voorbereid is op daardie vlak nie gaan jy slae kry.

WHY SUPER 12?

WAT IS SUPER 12? / WHAT IS THE SUPER 12?

WAT IS SUPER 12?

‘n Kompetisie waaraan 24 top skole uit die “ou Transvaal”(Leeus, Bulle, Valke, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo) deelneem. ‘n Skool kan slegs deel word van die Super 12 deur te presteer en dan deur die direksie van die Super 12 genooi te word om deel te word. Prestasies word jaarliks gemonitor, en insluiting van skole word jaarliks heroorweeg. Skole kan kies aan watter sport- en kultuuraktiwiteite hulle wil deelneem, maar is verplig om aan Rugby, en Netbal en nog 4 aktiwiteite deel te neem.

 

WHAT IS THE SUPER 12?