Buite-kurrikulere Sport/Extra-curricular sports

Fietsry / Cycling

JANKE GROET DIE LENTE MET ‘N EERSTE PLEK

Janke Joubert ,‘n Larrie fietsry entoesias, het op Saterdag 26 Augustus deelgeneem aan die jaarlikse Lentetrap MTB fietsrykompetisie wat aangebied is deur die Polokwane Pedallers Cycling Club.

Janke neem deel  in die Sub Junior kategorie vir dogters, sy het die 35 km voltooi in ‘n tyd van 1:53:21, waarmee sy ‘n eerste plek losgetrap het in haar ouderdomsgroep.

Hou gerus hierdie Larrie in die toekoms dop waar sy die stofpaaie van nog vele wedrenne sal aanpak!

LARRIES TOUR DE LAKE